Local newsNews

Lizz laat trane rol vir Ruan

Rare siekte lei tot astronomiese mediese onkostes.

Afgelope Saterdagaand het Afrikaanse komediant Lizz Meiring behoorlik die lagspiere gekielie met haar vertoning Langpad en Lipstick by Laerskool Roodekrans.

Die vertoning, waarin Meiring komiese staaltjies vertel rondom die inhoud van vrouens se handsakke, was ten bate van die Ruan Wolhuter Foundation wie se oogmerk dit is om R500 000 by te dra tot Ruan se mediese onkostes. Tans het die stigting reeds ‘n stewige R400 000 ingesamel.

Ruan, wat maar vyf jaar oud is, is in 2012 met Langerhans selhistiositose (LSH) gediagnoseer. LSH is ‘n outo-imuunsiekte soos kanker, wat lei tot gewasse en wat die organe aftakel. Ten spyte van chemeoterapie en bestralingsbehandeling het Ruan se siekte nog nooit in volhoubare remissie gegaan nie. Ter wille van sy imuunstelsel sal Ruan ‘n stemseloorplanting moet ontvang waarsonder dit fatale gevolge kan hê. Die operasie en gepaardgaande behandeling gaan sowat R1,5 miljoen kos.

Volgens sy familie is hy ‘n gelukkige sprankelende klein seuntjie, ten spyte van sy siekte.

Enige een wat ‘n bydrae wil lewer of van iemand weet wat sou belangstel kan Ruan se ma Hanli kontak op 082 851 4556.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button