Gemeenskapsraad wys hul gee om

Die doel was om liefde en sorg teenoor diere uit te beeld, het die skool gesê.

As dit by diere kom en hoe wreed mense teenoor diere kan wees, wys die Kruiners graag hul gee om.

Daarom het die skool se gemeenskapsraad aan ‘n Animal Anti-Cruelty League (AACL) kompetisie deelgeneem. Die doel was om die mooiste, beste plakkaat, wat liefde en sorg teenoor diere uitbeeld, vir dié organisasie te ontwerp. Onderwyseres Amanda Botes het hul deelname gefasiliteer, het skoolwoordvoerder Hanli-Mari Olivier gesê.

Die leerlinge kon van enige medium gebruik maak en die meeste inskrywings vir die kompetisie is deur Laerskool Helderkruin ingestuur.

Die gemeenskapsraad se plakkaat het op die ou end eerste plek gekry, en hul prys was ‘n fantastiese Canon kleur- en laserdrukker.

“Die skool wil dankie sê aan Johan Steenkamp van die AACL,” het Hanli-Mari gesê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version