Die Mosaïek bird Cirque d’Avila aan

Van As Woensdag en die begin van Lent bied dié kerk 'n unieke paasfees-reis aan.

Die Mosaïek Kerk nooi gelowiges om die normale siklus van hul lewens te breek en tyd opsy te sit om in hul verhouding met God te groei oor hierdie paasseisoen.

Hul beplan ‘n unieke paasfees-reis met belangstellendes hierdie Maart met hul Mosaïek Paasfest. Geduringe die laaste week voor die kruisiging, Heilige Week (21 tot 27 Maart) word ‘n Praxis-belewenis elke dag om 12nm en 7nm in die klipkerk gehou, waartydens bywonendes hulself kan inleef in die gebeure van Jesus se laaste dae op aarde.

Donderdagaand 24 Maart vind die ‘Last Supper Experience’ plaas, waar belanghebbendes simbolies Die Laaste Ete met kos, simbole en elemente wat terugdateer na die era beleef.

Op Goeie Vrydag (25 Maart) word twee dienste in die Teatro aangebied, om 8.30vm en 10.15vm, met nagmaal en aanbidding.

Verskeie ander aktiwiteite op die terrein vul die res van die Paasfest in. Kinders word genooi om na hartelus op die springkastele en treinritte te baljaar of hul gesigte te laat verf. Vir die tieners word ‘n skaatsplankbaan, laser tag en poelspel aangebied. Heerlike kos, drinkgoed en lekkernye word ook by verskeie stalletjies en tente verkoop.

Die Cirque d’Avila is beslis die hooftrekke van die naweek. Vrydagaand word die dag afgesluit met dié paasproduksie, wat gebruik maak van verskeie kunsvorme om gelowiges op ‘n innerlike reis van die siel te neem.

Verskeie ander aktiwiteite word vir Stil Saterdag en Opstanding Sondag beplan (vir ‘n volledige lys sien die program hieronder/ op hul webwerf by www.mosaiek.com).

Vir verdere inligting kontak die kerkkantoor by 011 268 4700 of per e-pos na info@mosaiek.com

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version