Editor's choiceLocal newsNews

Jannie Moolman en Corlea Botha in Florida

Minder as 600 kaartjies beskikbaar.

Die gesogte sangpaar Jannie Moolman en Corlea Botha tree 11 Maart by Hoërskool Florida op.

Die geleentheid is die aanbieding van die Afrikaanse Taal en Kultuur Vereniging (ATKV) se Quellerina-tak se Herfsmusiekaand. Die sangpaar se verhoogaanbieding sal na die kort pouse plaasvind en sal voorafgegaan word deur ‘n optrede van die skool se Con Spirito-koor onder leiding van Vaughn van Zyl. Die koorleier se uitstekende afrigtingswerk by verskeie hoërskoolkore oor die afgelope jare gaan ook erekenning kry wanneer die ATKV by die geleentheid ‘n oorkonde aan hom gaan oorhanddig.

Kaartjies vir die geleentheid het reeds goed verkoop en dit is onwaarskynlik dat daar op die aand van die vertoning van die 600 kaartjies gaan beskikbaar wees. Belangstellendes kan Dirk Maritz kontak by 082 578 4153 of vir Liza Heystek by 083 413 6617. Kaartjies kos R100 en die vertoning begin 7nm.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button