Hardloop skrik nie Laney af nie

Graad 7-leerling gaan skool by SA atletiekkampioenskappe verteenwoordig.

Laney Joseph, 12, is geensins lui nie en sien uit na die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe waar hy Laerskool Florida gaan verteenwoordig.

Dié Graad 7-leerling is lief vir sy sport, veral rugby, kortafstande hardloop en verspring. Hy daag homself al met verskeie sportsoorte sedert Graad 4 uit, het Laney die Record vertel. Dis juis by die Gauteng Atletiekkampioenskappe waar hy onlangs vir die SAs se 100m, 200m en verspring-items gekwalifiseer het. Elf Laerskool Florida-leerlinge het by dié kampioenskappe deelgeneem, maar Laney het bewys hy is die kat se snor.

Die SA kampioenskappe vind van 10 tot 12 Maart in Port Elizabeth plaas, het skoolwoordvoerder Jéan de Beer gesê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Exit mobile version