Editor's choiceLocal newsNews

Dis weer skoutyd in Randfontein

Beperkete hoeveelheid kaartjies nog beskikbaar.

Een van die hoogtepunte op die Wesrandse sosiale almanak vind weer van 3 tot 6 Maart plaas.

Die Randfontein Skou vier dan ook vanjaar sy dertigste verjaardig en het inderdaad al ‘n instelling geraak.

“Ons is opgewonde om ons dertigste verjaarsdag te vier en besoekers kan ‘n karnavalatmosfeer met ‘n ontploffing van kleur verwag,” het organiseerder Marcelle Mans gesê.

“Ons is ongelooflik dankbaar teenoor die Randfontein Munisipaliteit vir hul hulp om die Greenhills Stadion gereed te kry vir die groot geleentheid.

“Die terrein is in ‘n goeie kondisie en gereed om die duisende besoekers van regoor die provinsie te ontvang. Ons wil dan ook dankie sê aan die Polisie, die Wesrand Distriksmunisipaliteit, die nooddienste, die Verkeerspolisie en Noodbestuur,” het Mans gesê.

Goedkoper kaartjies is nog tot 2 Maart beskikbaar. Daar kan tussen 15 en 25 per sent gespaar word afhangende watter dag bygewoon word.

Die volle program is beskikbaar by www.randfonteininfo.co.za. Programme is ook beskikbaar by die verskeie afsetpunte waar die goedkoper kaartjies verkoop word. Die lys van afsetpunte is ook op die webtuiste. Anders kan die skoukantoor geskakel word op 011 412 2878/1562 of ‘n e-pos kan gestuur word aan joy@randfonteininfo.co.za

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button