Editor's choiceLocal newsNews

Pensioentrekkers verras met hul verjaarsdae

Die Johannesburg Care Foundation het Ons Huis inwoners bederf.

Twee inwoners by Ons Huis Tehuis vir Bejaardes is onlangs verras met verjaarsdaggeskenke wat deur die Johannesburg Care Foundation (JCF) geskenk is.

Namens Sidney Hartman, 85, en Joye Griesel, 75, die twee bejaardes wat op 2 en 6 Februarie verjaar het, het bestuurder Marita van den Berg JCF se stigter, Llewellyn Ryan bedank.

“Baie dankie, Llewellyn, vir die groot geskenk,” het sy in ‘n skrywe gesê.

“Oom Sidney en Tannie Joye is baie verras en opgewonde oor hul verjaarsdagpakkies.”

Sy het ook JCF bedank vir die 25 kg bruinsuiker en vyf moppe wat hulle aan die tehuis geskenk het, weens die feit dat die tehuis in nood vir dié items verkeer het.

“Dit is ‘n groot seën en gebedsverhoring.”

Marita het die Record vertel beide Sidney en Joye is redelik gesond, alhoewel beide probleme met hul oë ervaar. Sidney se een oog is verwyder weens kanker, terwyl Joye besig is om blind te word weens ‘n oogsiekte. Dié twee bure is bederf met geskenkpakkies wat lekkernye soos oliebolle, sjokelade, lekkergoed en biltong ingesluit het.

Die tehuis doen ‘n versoek op inwoners om skenkings te maak, sienende dat pensioentrekkers weens moeilike ekonomiese toestande swaartrek. Kontak die kantoor by 011 672 5018 om betrokke te raak.

 

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button