Groot ster skyn vir goeie doel

Lizz Meiring se optrede in Roodekrans kan jy nie misloop nie.

Maak seker jy mis nie Lizz Meiring wanneer sy vroeg in Maart by Laerskool Roodekrans ten bate van Ruan Wolhiter optree nie.

Ruan, 4, is gediagnoseer met Langerhansselhistiositose (LSH) wat ‘n vorm van kanker, gelykstaande aan lieukemia, is. Die kanker is in die vorm van langerhansselle, abnormale selle wat van beenmurg afkomstig is. Dit affekteer gewoonlik kinders tussen 1 en 15 jaar oud, en simptome soos bene en skedels wat swel, ‘n uitslag op die vel, anemia, ‘n gehoesery en kinders wat kortasem is word daarmee verbind.

Hoewel hy in Pretoria woon, het sy tannie Marcia Visser dié konsert gereël om sy mediese onkostes van R600 000, bo en behalwe dit wat sy mediese fonds dek, te help vereffen. Tot op datum het sy ouers R400 000 ingesamel en die konsert se opbrengs sal help die verdere R200 000 vereffen. Dié enorme bedrag word dringend verlang sodat Ruan ‘n beenmurgoorplanting kan ondergaan. Dit is, volgens Marcia, die enigste behandeling wat sy toestand kan verbeter.

Lizz Meiring se ‘Langpad en Lipstiek’-vertoning is iets om na uit te sien. Met ‘n reuse handsak op die verhoog delf sy diep in ‘n vrou se belangrikste stukkie bagasie. Sy vertel van haar ervaringe op die pad. Dit is ‘n vertoning wat die hele gesin kan geniet.

Op die aand sal skyfies, kolwyntjies en koffie en tee ook te koop wees. Sy tree op Saterdag 5 Maart by Laerskool Roodekrans, op die hoek van Wilde Amandel- en Gardeniastrate, op en die vertoning begin om 7nm. Kaartjies kos R100 per persoon. Vir verdere inligting of om te bespreek kontak Marcia Visser by 083 417 3352 of per e-pos na visser.marcia@gmail.com

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Exit mobile version