Kruiners samel elke ekstra druppel in

Skool skenk 'n allemuntige 1 800 liter water aan noodhebbendes.

Tesame met Imperial Honda Wesrand het die leerlinge en ouers van Laerskool Helderkruin ‘n allemuntige 1 800 liter water ingesamel vir noodhebbendes.

Die projek het die watertekort in dele van Suid-Afrika aangespreek. Hul insameling is op Donderdag 21 Januarie by die skool opgelaai en die bakkievrag is na ‘n afsetpunt in Florida geneem vanwaar dit Bloemfontein toe vervoer is.

Imperial Honda Wesrand sal die water versprei tussen ‘n opgestelde lys behoeftige boere en plase in die omgewing.

Woordvoerder Hanli-Mari Olivier het gesê, “Ons kan met warm harte en groot dankbaarheid kyk en weer besef dat, met goeie samewerking en deursettingsvermoë, ons die gemeenskap weer hoop kan gee.”

Sy het die leerlinge, ouers en besigheid namens die skool bedank.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version