Stefan bereik nuwe hoogtes as krieketspeler

Hy het in die 2015 krieket-seisoen uitgeblink, vertel Laerskool Horison.

Stefan Oberholzer mag miskien net 11 jaar oud wees maar moenie daardeur geflous word nie — sy krieketloopbaan begin nou maar eers.

Sy kort tyd tot dusver op die krieketveld het reeds soveel hoogtepunte opgelewer en volgens alle aanduidings is dit slegs die begin, vertel Laerskool Horison skoolwoordvoerder Nelie Kok.

Hy het in 2015 uitgeblink in veral sy kolfwerk, wat vir hom ‘n plek in die o/11 Sentraal Wes-krieketspan verower het. Hy het keurders beïndruk en is ook vir die o/11B Gauteng Wes-krieketspan gekies.

Hoogtepunte sluit in ‘n persoonlike beste telling van 107 (nie uit nie) en vier vyftigtalle (waarvan een 97, nie uit nie). Sy totale lopies vir die seisoen was ‘n allemintige 595 in 22 wedstryde, wat nie minder nie as 104 grenshoue ingesluit het.

Die Graad 5-leerling is ook by die skool met ‘n toepaslike erkenning vir sy merkwaardige prestasie vereer, het Nelie gesê. Hy is by die prysuitdeling as Junior Krieketspeler van die Jaar aangewys.

“Stefan het alles wat dit verg om ‘n goeie sportman te wees; hy het talent, die regte temperament en deursettingsvermoë. Ons is baie opgewonde oor sy toekoms op die krieketveld,” het Nelie gesê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Exit mobile version