Waterfontein Graad 7s se nalatenskap

Die leiers het deur die loop van 2015 gelde daarvoor ingesamel.

Deur die jaar het Graad 7-leerlinge van Laerskool Helderkruin hard gewerk om geld in te samel vir hul nalatenskap, ‘n waterfontein.

“Dit is ‘n geskenk aan die Kruiners van die toekoms,” het skoolwoordvoerder Isobel Mitchley die gebaar beskryf.

“Toekomstige leerlinge kan daar water drink; dit is ‘n pragtige gebaar en sal opgerig word nadat die nuwe aanbouings by die skool gedoen is.”

Mitchley het gesê die fontein sal nie net die gewone waterkrane wees nie.

Die leerlinge het gelde ingesamel deur by sportgeleenthede verkope te doen, meestal deur wors te braai en worsrolletjies te maak en cappuccinos te verkoop. By Spur-aande was die leiers self kelners en kelnerinne en het hul fooitjies bygedra.

“In die proses van fondsinsameling het die leiers baie geleer en die verantwoordelikheid geneem om hulself te ontwikkel en ‘n positiewe bydrae tot die skool te lewer.

“Die ouers was natuurlik die dryfkrag agter alles; ons is trots op die gehalte ouers wat ons by Laerskool Helderkruin het, en hul positiewe gesindhede,” het Mitchley gesê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

 

Exit mobile version