Ses Horison hokkie bokkies in D12

Dié ses meisies sal in 2016 deel van die D12 spanne vorm.

Ses van Horison se hokkie bokkies is deel gemaak van die D12 hokkiespan vir 2016.

“Die skool is weereens goed verteenwoordig in die D12 hokkiespanne,” het skoolwoordvoerder Nelie Kok gesê.

In 2016 sal Kara Herbst en Zoë Stander die skool verteenwoordig in die o/13 D12 hokkiespan, terwyl Meagan Bezuidenhout, Shané Beetge en Annerine Steyn hul plek in die o/12 span sal inneem. Mia Myburgh is ook as reserwe vir die o/12 span gekies.

“Ons is dankbaar dat hierdie meisies erkenning op streeksvlak ontvang het vir hul konsekwente, uitnemende prestasies op die hokkieveld,” het Nelie gesê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version