50 jaar van ware liefde

Hul huweliksherdenking is op 11 Desember.

Vir Ernest en Ann Dugmore is die geheim van `n goeie huwelik om eers vriende te wees voordat `n verhouding kan begin.

Die egpaar se paadjies het reeds in die laerskool gekruis. Volgens Ann was Ernest eers met haar suster bevriend. “Ek was in Graad 1 en my suster en Ernest was albei in Graad 7. Hulle was vriende omdat hulle dieselfde ouderdom is.” verduidelik Ann.

Hulle paadjies het egter geskei toe Ernest hoërskool toe gegaan het. “Ons het dwarsdeur hoërskool en kollege vriende gebly.”

Na Ernest sy matriek aan Hoërskool Rodeon, Swartruggens voltooi het, was hy vir vyf jaar in Rhodesië (Zimbabwe) waar hy sy opleiding in bankwese ontvang het. Ann het weer onderwys aan die Heidelbergse Onderwys Kollege studeer.

“Na ons studies het ons verhouding meer ernstig geraak en ons is op 11 Desember 1965 in Aucklandpark getroud,” sê Ann. Die egpaar het hul in Discovery gevestig.

Vyf kinders – drie dogters en twee seuns – is uit die huwelik gebore. Na 25 jaar het hulle na Wilropark verhuis en woon reeds al 25 jaar daar. Hulle het vyf kleinkinders.

Ann sê hulle het dit reggekry deur God se genade. Sy genade is groot en uit Sy hand kom net wat goed en mooi is, het sy gesê.

“Ek kan altyd op Ernest staat maak, want hy maak wyse besluite en is my steunpilaar,” sê Ann.

Die paartjie gaan in tuin hul huweliksherdenking vier en Ann sê sy gaan Ernest bederf deur lekker kos te maak.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version