Local newsNews

Alle eiendom van die Stad Johannesburg bevestig,sê VF+

Stad sal moet belê in infrastruktuur.

Uiteindelik het die Johannesburg Property Company na vyf jaar al die eiendom van die Stad Johannesburg bevestig en opgespoor, sê Raadslid Franco de Lange, VF Plus stadsraadslid in Johannesburg.

“Aangesien die departement nou die verifieerings-proses afgehandel het, is die volgende stap om eiendomme op te groepeer en te hersoneer waar nodig.

“Roodepoort en Honeydew was die afgelope tyd slagoffers van grootskaalse onwettige grondbesetting. Indien die ANC regering die regte prosedure gevolg het – om gemeenskappe te raadpleeg en inligting oor te dra – kon die grondbesetting meer beheer word. Nuwe areas waarheen mense geskuif kan word, is nog nie geïdentifiseer nie,” het De Lange gesê.

“Die VF Plus glo dat behoorlike beplanning rondom nuwe woongebiede aan inwoners gekomunikeer moet word. Indien hulle sou verkies om nie langer naby ‘n geintegreerde-makro behuising-ontwikkeling te woon nie, kan die staat die huise teen markverwante pryse uitkoop.

“Dit is belangrik dat die metroraad infrastruktuur opgradeer en daar gekyk word na behoorlike finansiële begroting alvorens dié soort van laekoste behuising projekte deur die staat afgeforseer word,” het De Lange afgesluit.

Want to receive news alerts via WhatsApp? Send us an SMS/ WhatsApp message with your name and cellphone number to 079 414 6709. 

Familiarise yourself with our WhatsApp service disclaimer.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Randfontein HeraldKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

One Comment

Check Also
Close
Back to top button