Gimnas-sussies gaan groot by kampioenskappe

Janrie en Anya Theart sit alles in by Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.

Al is hulle net in Graad 3 en 4 weet sussies Janrie en Anya Theart van hard werk in gimnastiek.

Dié twee ywerige meisies het onlangs Gauteng by die SA Gym Games vir Vroue Artistiese Gimnastiek in Centurion verteenwoordig.

Janrie is ‘n veelsydige Graad 4-leerling by Laerskool Florida, het skoolwoordvoerder Janine Birkenstock gesê. In Oktober het sy by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in die Valk 5 kompetisie vir gimnaste tot en met die ouderdom van nege gekompeteer. Sy’t ‘n goue medalje op die balk, ‘n brons medalje op die brug en ‘n brons medalje op die vloer gewen. Sy’t ook algehele tweede plek en ‘n silwer medalje by die SA Vroue Artistiese Gimnastiek Kampioenskappe gewen.

Jonger sussie Anya, ‘n Graad 3-Florrie, word beskryf as ‘n regte klein vegtertjie, By die SAs het sy aan die Vlak 4 kompetisie deelgeneem en teen ander agt-jariges gekompeteer.

“Sy het ongelukkig maaggriep gekry, maar het ten spyte daarvan deurgedruk en vasgebyt en ook Gauteng verteenwoordig,” het Birkenstock gesê.

Sy het algehele 11de plek by die SA Vroue Artistiese Gimnastiek Kampioenskappe gekry.

“Beide die dogtertjies verteenwoordig ons skool met trots en presteer goed op akademiese-, kultuur- en sportgebied,” het Birkenstock gesê.

Janrie is later deur die Suid-Afrikaanse Gimnastiek Federasie (SAGF) gekies om Suid-Afrika beide as individu en as deel van die SA-span by die RSA Streek 5 Kampioenskappe op 5 Desember in Centurion te verteenwoordig.

“Ons is baie trots op haar en hou styf duimvas.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version