Local newsNewsSchools

Wie nie waag nie, wen nie

Graad 6-leerling vertel van onlangse sportbyeenkoms by Laerskool Helderkruin.

Die reuk van boereworsrolle het in die lug gehang terwyl Kruiners een laaste keer vir die jaar atletiekbyeenkoms gehou het.

Anro Els, ‘n Graad 6-leerling, het die dag bes beskryf.

“Die atlete tree aan en die skoot klap, die o/13 seuns spring weg om 200m te voltooi en die dirigente skree al harder, die mense raak mal.

“Om my is dit doodstil, al wat ek hoor is my vriende se harde asemhaling en al wat ek voel is die adrenalien wat pomp.

“Toe ek weer sien is dit verby en ek eindig derde, maar my beste vriend Jayden de Beer breek die rekord.”

Anro het gesê die dag was nie net spesiaal oordat hy dit saam met vriende deurgebring het nie, maar ook oordat dit sy laaste atletiek huissport geleentheid was voor hy hoërskoolgronde betree.

“Dit het my getref dat dit die laaste keer sou wees wat ek op dié veld sou deelneem; ek het na die o/6 spannetjie gekyk wat vir die eerste keer hardloop en na die o/10s wat vir die eerste keer velditems uitprobeer.

“Ek sien ander wat verspring en ek hoor mense wat lag en ek weet, elke kind daar die dag was ‘n wenner, maak nie saak hoeveelste hulle gekom het nie.”

Want to receive news alerts via WhatsApp? Send us an SMS/ WhatsApp message with your name and cellphone number to 079 414 6709. 

Familiarise yourself with our WhatsApp service disclaimer.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Randfontein HeraldKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

 

Related Articles

Back to top button