Editor's choiceLocal newsNewsSchools

Kruinlympics ‘n prettige uitdaging vir leerlinge

Elke span het 'n land verteenwoordig.

In plaas van gewone olimpiese spele het die Kruiners besluit op hul eie weergawe vanjaar, die Kruinlympics.

Leerlinge in Graad 3 tot 7 het in spanne van vier meegeding om ‘n interessante maar uitdagende hindernisbaan in rekordtyd te voltooi.

Die verskillende spanne het 59 lande voorgestel. Leerlinge het baie moeite gedoen met hul kleredrag, bykomstighede en vlae, het skoolwoordvoerder Isobel Mitchley gesê.

Die drie spanne met die beste tyd het elk medaljes ontvang en die res het elk ‘n roomys as troosprys gekry. Vir verdere geesbou het onderwysers Emile Ferreira, Jeandré Aspeling, Niel Dreyer en Raynard Snyman Suid-Afrika verteenwoordig en teen die wenspan, die Graad 7 Nieu-Seelanders, gekompeteer.

“Alhoewel Nieu-Seeland weer gewen het, was die Suid-Afrikaspan beslis vir hulle ‘n waardige uitdaging,” het Isobel gesê.

Die skool beoog om die Kruinlympics ‘n jaarlikse instelling te maak.

 

Want to receive news alerts via WhatsApp? Send us an SMS/ WhatsApp message with your name and cellphone number to 079 414 6709. 

Familiarise yourself with our WhatsApp service disclaimer.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

 

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Randfontein HeraldKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button