Maak jou hart oop vir minderbevoorregte kinders

Die kinders weet nog nie wat oorlewing is nie.

Om `n glimlaggie op kinders se gesigte te sien en vir hulle to sorg is `n ma van Maraisburg se grootse bevrediging.

Melissa van der Walt het twee kinders wat leerlinge by Laereskool Claremont is en volgens haar, pak sy elke dag `n extra broodtjie vir haar kind se maatjie in.

“Ek het opgemerk dat kinders dikwels gelukkig lyk by die skool, maar mense sien nie wat in hul lewens aangaan wanneer hulle huis toe gaan nie.

“Ongeveer 80% van Laerskool Claremont se leerlinge kry swaar. Hul klere is verniel, boeke word in sakkies gedra en hul die kos wat hul by die skool kry is dikwels die enigste  ete. Daarom wil ek bitter graag iets vir hul doen,” sê Melissa.

Die items wat Melissa vir die kinders wil insamel is lekkergoed, koeldrankies, tasse (al is dit tweede hands), skryfbehoeftes en speelgoed. Sy beoog om dit op die laaste skooldag op 9 Desember aan die leerlinge te oorhandig.

“Daar word elke jaar vir die omgewing se kinders iets gedoen. Ek wil graag ‘n bydra aan die skool lewer. Mense mag dalk neersien op die omgewing omdat nie die veiligste area is nie, maar ek doen dit nie vir die ouers  nie, maar vir die kinders want hul weet nog nie waaroor oorlewing gaan nie.”

Alle skryf behoeftes kan direk by die skool afgelewer word. Daar sal ‘n boks wees. Daar sal ook n boks by OK Value in Delarey beskikbaar wees.

As enige iemand kan help, skakel vir Melissa op 079-023-4911.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version