Editor's choiceLocal newsNews

Kanniedood-kampioene van Hories

Hierdie twee spanne is hul sout werd, se skoolwoordvoerder.

Twee van Laerskool Horison se kanniedood-sportspanne het onlangs weer die skool se naam hooggehou met puik prestasies.

Die langafstandatletiekspan het in middel Oktober aan ‘n 9 uur-lange aflosmarathon by Hoërskool Jan Viljoen deelgeneem.

“Die 10 langasems het in die tyd ‘n fantastiese afstand van 120km afgelê en het so vir die tweede agtereenvolgende jaar die afdeling vir gemengde spanne gewen,” het skoolwoordvoerder Nelie Kok gesê.

Sy het die atlete geloof vir hul puik gedrag en entoesiasme.

Op die krieketveld het die tweede krieketspan hul staal gewys deur einde Oktober aan die eindstryd van hulle liga teen Laerskool Roodekrans hulle span ore aan te sit en met vyf paaltjies te klop.

“Divan Senekal het ‘n allemintige 52 lopies van net 26 balle aangeteken,” het Kok gesê.

“Die span kyk terug op ‘n uiters suksesvolle seisoen; elke spanlid het hul deel gedoen tydens die liga, veral die halfeindstryd en eindstryd.

“Om die eindstryd te wen het ‘n uitstekende spanpoging geverg.”

 

 

Want to receive news alerts via WhatsApp? Send us an SMS/ WhatsApp message with your name and cellphone number to 079 414 6709. 

Familiarise yourself with our WhatsApp service disclaimer.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

 

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Randfontein HeraldKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

 

Related Articles

Back to top button