Kruiners manspersoneel maak hul merk

Twee manspersoneellede is voorwaar noemenswaardig, se skoolwoordvoerder.

Met dié dat manspersoneel by ‘n laerskool byna ‘n bedreigde spesie gereken word, spog die Kruiners graag met hul eie.

Adjunkhoof Riaan van der Watt beklee ook ‘n tweede leiersposisie as die afrigter van die Goue Leeus 0.13-span. Hy werk al by die skool sedert 2003 en is in 2007 na departementshoof bevorder. Tydens 2010 het hy as hoof waargeneem en is in 2011 as adjunkhoof aangestel. Vir die afgelope 10 jaar is hy ook al deel van die skool se beheerliggaam.

“Hy het ‘n geweldige passie vir kinders en sport, veral rugby,” het skoolwoordvoerder Isobel Mitchley gesê.

“Hy voel sport is ‘n manier om kinders van jongs af verskillende vaardighede te leer en hulle te bemagtig om eendag suksesvolle volwassenes te wees.

“Sport leer jou dissipline, spanwerk en deursettingsvermoe.”

Buiten sy betrokkenheid by sport is Riaan ook tans besig om sy honneursgraad in onderwys te voltooi.

“Hy is ‘n voorware aanwins vir die Kruiners,” het Mitchley gesê.

Graad 6 Wiskunde onderwyser Emile Ferreira is ook al nege jaar aan die skool verbonde, maar is al 11 jaar in die onderwys. Hy is in beheer van dissipline en sport by die skool en lid van die breer bestuur van die skool. Op sportgebied is hy afrigter van die o.10-rugbyspan, wat hierdie jaar wenners in hul liga was. Hy rig ook die Kwaggas, die skool se eersterugbyspan, af. Hulle was vanjaar die naaswenners in die Goue Leeus finaal. Verder is hy betrokke by die o.9-krieketspan wat tot in die kwarteindrondte van die finaal deurgedring het.

“Die twee maak beslis deel van ‘n span uit wat goud werd is,” het Mitchley gesê.

 

Want to receive news alerts via WhatsApp? Send us an SMS/ WhatsApp message with your name and cellphone number to 079 414 6709. 

Familiarise yourself with our WhatsApp service disclaimer.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

 

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Randfontein HeraldKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

 

Exit mobile version