Bastion se matrieks skitter

Matrikulant van die jaar aangewys.

Hoërskool Bastion se matrieks het amptelik op 21 Oktober van hul skooldae afskeid geneem met hul lourierfunksie.

Saam met die funksie is ‘n afskeidsdiens gehou, het skoolwoordvoerder Melitta Geyser gesê.

“Ds Philip Voigt van die NG Kerk Culembeeck het ‘n baie gepaste boodskap gelewer, en matrieks is vereer vir hul prestasies, insette en bydrae tot die skool.”

Verskeie vaktrofeë is oorhandig, waarna die hoogtepunt van die oggend aan die beurt gekom het — die aankondiging van die Fyn Menswees ontvangers en Matrikulant van die Jaar.

Die Vonnie Meyer toekenning vir Fyn Menswees (aan leerlinge wat deur hul karakter, optrede en uitleef van verhoudings getuig het van fyn menswees) is vanjaar gemaak aan Alanicka Lotriet, Heinrich van der Schyff, Janke van den Bergh, Bernadene Kruger, Lance Dugmore, Morné Botes en Shané van Rooyen.

Anuschka de Jager, 2015 se ondervoorsitter van die skool se matriekraad, is ook aangewys as Matrikulant van die Jaar.

 

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version