Kruiner skaakklub ontvang Springbokspeler

Helderkruin se eie skaakkampioen deur Springbokspeler gekies.

Die skaakspelers van Laerskool Helderkruin was stomgeslaan toe bekende kampioen en Springbokspeler SJ Breytenbach onlangs by hul sessie aansluit.

SJ is deur die skool genooi om ‘n uitkloprondte te beoordeel sodat hul Laerskool Helderkruin se eie kampioen uit die klub kon identifiseer. Hy het al teen 20 mense gelyk gespeel en steeds oorwinnaar uit die stryd getree by ‘n kompetisie, het skoolwoordvoerder Isobel Mitchley gesê.

“Die leerling wat die langste teen Sprinbokspeler SJ kon wedywer was Reuben Fourie, ‘n Graad 6-leerling,” het sy gesê.

“Al was dit skaakmat vir Reuben het hy nogtans as kampioen uitgetree tussen 20 leerlinge wat gewedywer het om die prys, ‘n splinternuwe skaakstel, te ontvang.”

Mitchley het gesê die skool beskou die hele klub as kampioene in eie reg.

“Ons is trots op al ons skaakspelers wat getrou elke Woensdag vanjaar kom deelneem het.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version