Goue Leeus by Bastion voor Curriebeker-oorwinning

Leerlinge het om die Goue Leeus gedrom slegs 'n paar uur voor hul groot oorwinning.

Verlede week is leerlinge van Hoërskool Bastion verras met ‘n kuier van Goue Leeus rugbyspelers skuins voor hulle die Stormers op Ellis Park vermorsel en die Curriebeker gewen het.

Saam met amateur rugbybestuurder van die Goue Leeus Pieter Visser het spelers Ashlon Davids, Vainon Willis, Selom Gavor, Martin Muller en Jacques Nel saam met leerlinge foto’s geneem, hemde geteken en lekker gekuier. Op die blokke het leerlinge in hul Goue Leeus-hemde en ander rooi hemde en denims om die spelers gedrom. Van die leerlingraad het selfs met leeu-hooftooisels rondgeloop. Die leerlingraad-meisies het hulself gelukbringers gehou en met pom-poms en geverfde gesigte die verrigtinge gelei.

Die groep spelers het ‘n paar ander skole vroeër die dag besoek, insluitend King Edward VII School in Houghton, Jeppe High School en John Mitchell School in Jeppestown en Delville Primary School in Germiston.

Leerlinge is verder bederf toe die skool vroeër die Vrydagmiddag uitkom.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version