NewsSchools

Roodies red renoster met reuse donasie

Ringo die renoster se kostes is gedek danksy Laerskool Roodekrans.

Tydens die afgelope twee markdae by Laerskool Roodekrans het leiers harde werk ingesit om fondse in te samel vir Ringo.

Ringo is ‘n renoster wat by Sanpark gevestig en deur die skool aangeneem is. Jaarliks loods die leiers inisiatiewe om gelde in te vorder wat geskenk word om sy kos en mediese uitgawes te dek.

Vanoggend (Maandag 26 Oktober) het die skool ‘n tjek vir R4 863 aan Ken Schmidt, ere veldwagter by Sanpark, gedurende die saalopening oorhandig. Saam met hom het ouer Jakes Oosthuizen, wat oorspronklik met die inisiatief na vore gekom het, gestaan. Leier LyndrĂ© Kruger, wat saam met Reegan MestrĂ© die fondsinsamelings georganiseer het, het aan leerlinge en onderwysers verduidelik waarvoor die projek gaan. Sy het ook ‘n video gewys wat die leiers gemaak het waarin hulle met leerlinge oor renosterstropery gesels.

Lootjies is ook verkoop om een van twee opgestopte ‘Ringo’-renosters te wen, en LyndrĂ© het die gelukkige wenners aangekondig. Om deel te neem het Roodies elkeen ‘n legkaartstuk gekoop en hul naam agterop geskryf. Die foto wat vir die legkaart gebruik is, is deur Ronnie Jacson, vryskut National Geographic-fotograaf, geskenk. Die legkaart is geraam en ook aan Sanpark geskenk.

Skoolwoordvoerder Theolene Pienaar bedank elke Roodie wat bygedra het deur aan ring-gooi deel te neem, ‘n kans gewaag en geraai het oor die Geheime Boks en gekoop het by die markdae sowel as skenkings gemaak het.

“Ons kan met trots sĂȘ dat ons nie net die renosters gehelp het nie, maar ook die gemeenskap naby Lanseria wat sleutelhouers gemaak het en een naby Alpine Health Resort wat renosters uit riverklei gemaak het, wat ons as pryse gebruik het by die speletjiestafels.

“‘n Verdere dankie aan Sanpark dat hulle so mooi na die renosters, en veral ons eie Ringo, kyk.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende diĂ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button