Kruiner mik vir Olimpiese Spele

Dié meisie is 'n SA gimnas uit Laerskool Helderkruin wat nog groot doelwitte het.

Laerskool Helderkruin leerling Danike van Eyck het gewys wat in haar steek toe sy ‘n tweede plek by die Gimnastiek Spele onlangs verwerf het.

Volgens skoolwoordvoerder Isobel Mitchley hou die Suid-Afrikaanse Gimnastiek Federasie jaarliks die Suid-Afrikaanse Gimnastiek Spele. Dit is die grootste nasionale byeenkoms in dié sport en ses titels word uitgedeel oor die spektrum van kompeterende gimnastiek.

“Net onder 2 800 gimnaste en beamptes kom in Gauteng saam vir die spoggeleentheid wat by drie verskillende lokale plaasvind,” het sy gesê.

Vanjaar was die Universiteit van Witwatersrand vir ritmiese gimnastiek aan die beurt, Matsport Sentrum in Centurion vir akrobatiese gimnastiek en Jonibach Sentrum in Pretoria vir springtou, trampolien en tuimel. Al die provinsies het deelgeneem.

Vroeër in Oktober het Danike aan die Senior Elite Mini Tramp-kompetisie deelgeneem en ‘n tweede plek verwerf, waarvoor sy ‘n silwer medalje ontvang het. Die spanning het hoog geloop aangesien daar 22 deelnemers was. Ook in die 13 tot 14 jaar Euro Trampoline kompetisie, waar sy met 12 ander gimnaste meegeding het, het sy die tweede hoogste punte ontvang en ‘n silwer medalje is om die trotse gimnas se nek gehang.

“Sy het vanjaar hard gewerk en geoefen om hierdie groot prestasies te behaal,” het Isobel gesê.

“Sy oefen al van ses-jarige ouderdom by Visions Gymnastics in Hillfox en is baie trots op wat sy tot dusvêr bereik het.

“Haar mikpunt is om eendag aan die Olimpiese Spele deel te neem.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version