NewsSchools

Hories skitter in oorspronklike musiekblyspel

Leerlinge dra lewenslesse oor met hul oorspronklike produksie, 'Oeboentoe'.

Leerlinge van Laerskool Horison het speel-speel en sing-sing geleer van roeping, naasteliefde en vertroue in God toe hulle die langverwagte musiekblyspel, Oeboentoe, onlangs op die planke gebring het.

Volgens skoolwoordvoerder Nelie Kok het die musiekblyspel teen ‘n agtergrond van ‘n polsende verskeidenheid oorspronklike musiek afgespeel. Daar was veelkleurige kostuums en sowat 500 leerlinge het skitterend toneel gespeel, gesing en gespeel.

“Die gehoor het by tye geskater van die lag en sommiges het ‘n traan weggepik, maar een ding was seker: Niemand is onaangeraak deur die lewenslesse van hierdie produksie nie,” het Kok gesê.

“Ons vertrou dat die invloed van hierdie verhaal vêr die toekoms in sal strek, nie net by Laerskool Horison nie, maar in die lewe van elke leerling en lid van die gehoor,” het skoolhoof Deon van der Walt trots gesê.

Hy het ook die toegewyde personeel en leerlinge bedank vir hul reuse aandeel in die sukses van die produksie.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button