Die Naudés is Kruiners se trots

Die boeties en sussie is van Laerskool Helderkruin se top presteerders op elke gebied.

Vir die drie Naudés was die derde kwartaal die besigste tyd van die jaar by Laerskool Helderkruin.

Hierdie jaar was besiger as voriges as gevolg van die twee week-lange revue wat die skool aangebied het, het skoolwoordvoerder Isobel Mitchley gesê.

Willie, ‘n Graad 7-leerling en die skool se onderhoofseun, en Graad 6-leerling Carina het deelgeneem aan die Phillip Moore musiekkompetisie, ‘n nasionale prestige kompetisie. Carina het tot by die semi-finale rondte gevorder, waar sy een van slegs ses kinders van haar ouderdom nasionaal was. Sy is vroeër vanjaar aangewys as graad en fasewenner by die NEA Young Performers Awards.

Willie het tweede ge-eindig in die finale rondte en is vanjaar opgeneem in die Simfonia Juventi Jeugorkes sowel as die Colla Voce Jeugkoor. In Mei het hy saam met die Randburg Simfonie Orkes as solis opgetree. In September is hy die geleentheid gebied om by Ben Capps, internasionaal-bekende tjellis, meestersklasse te ontvang.

Met die afgelope kunswedstryde (Raca) wat by Hoërskool Monument en Hoërskool Randfontein aangebied is het hulle vir feitlik al hul items A++’e ingepalm, ‘n totaal van 32. Tussen die drie Naudés het hulle vyf praktiese musiekeksamens vanjaar afgelê by Unisa, ABRSM en Trinity.

Jonger boetie Christiaan (Graad 2) het 97 per sent vir sy eerste Unisa teorie eksamen gekry, wat gewoonlik eers in Graad 4 afgelê word.

“Die kinders presteer nie net op kulturele gebied nie, maar ook akademies sowel as op sportgebied,” het Mitchley gesê.

Carina speel tennis vir die skool se goue span en Christiaan al reeds vir die o/11-span. Ten spyte van hul besige buitemuurse program het Willie en Carina ook al hul akademiese toetse met meer as 80 per sent geslaag.

“Wat sê hul ma is die wenresep vir die drie se prestasies? Gebed, harde werk, geduld en baie liefde,” het Mitchley gesê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version