NewsSchools

Hories behou momentum op sportgebied

Leerlinge vaar goed in tennis, hokkie en krieket.

Die Hories se sukses stoom voort op die sportveld.

Vroeër vandeesmaand het het o.13 tennisspeler Sonia Botha as deel van die D12-span by Ellispark aan die Gauteng proewe gaan deelneem.

Op die hokkieveld is die o.10 A-span ook aangewys as die ligawenners, en die o.11 A-span het ‘n stap verder gevorder toe hul as die D12 distrikskampioene aangewys is.

In krieket het al vyf Laerskool Horison se spanne, van die o.9s tot die eerstespan, deurgedring na die halfeindrontes van die Sentraal-Wes liga. Dertien seuns is opgeneem in die verskeie Sentraal-Wes krieketspanne, het skoolwoordvoerder Nelie Kok gesê.

“Horison sport beleef ‘n wonderlike bloeitydperk; ons kinders geniet elke uitdaging om op verskeie bane en velde te presteer.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button