Local newsNews

Nuwe uitkykpunt by voëlpark

'n Stukkie hemel in die middel van die dorp.

Die nuwe uitkykpunt by die Hammerkop Voëlpark is Vrydag 9 Oktober amptelik ingewy.

Daar is reeds 120 voëlspesies in die Hammerkop Voëlpark gedokumenteer en amateur- en kranige voëlliefhebbers kan in die nuut geboude houthuis die verskillende spesies besigtig.

André Brink, wat vir die oprig van die struktuur verantwoordelik was sê die On Florida-gemeenskap, Kobus Theunissen, ‘n konservasie spesialis vir City Parks en die gemeenskap het ‘n groot bydra gelewer. “Die struktuur is met geslotekring kameras en ‘n alarmstelsel wat met sonkrag voorgedryf word toegerus aangesien die vorige struktuur gesteel is,” sê André. Hy voeg by dat hulle baie graag nog ‘n voorlesingsgebou ook wil oprig om sodoende praatjies oor die verskillede voëllewe te gee.

“Hier is ‘n ryk lewe van paddas, visse en voëls en die gemeenskap word uitgenooi om die stukkie hemel in die middel van dorp te geniet.”

Hy sê volgende in die pyplyn is ‘n geldinsamelingsprojek wat oor drie maande gaan plaasvind en om City Park te oortuig dat hulle ‘n kraan en ablusie fasaliteite benodig.

Die hoofborg is Pri-media Instore.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button