NewsSchools

Kruiners se Kwaggas ontvang nuwe uniforms

Die Helderkruin Kwaggas gaan die aandreeks stormloop met nuwe rooi uniforms.

Dit was vroëer in September vir die 1ste span krieketspelers van Laerskool Helderkruin ‘n groot voorreg om hul nuwe krieketklere te ontvang.

“Hulle gaan in die aandreeks deelneem met pragtige rooi klere en glo hulle gaan nie net die ander Kruiners nie, maar ook hul borg Total Helderkruin baie trots maak,” het skoolwoordvoerder Isobel Mitchley gesê.

Marius Bruwer van Total Helderkruin het die klere oorhandig aan Ruben Eksteen, kaptein van die Kruiner Kwaggas.

“Die manne het dit sommer dadelik aangetrek na ontvangs, so opgewonde was hulle,” het Mitchley gesê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button