Local newsNews

Kerk weer terug in regte hande

Die amptelike opening vind op 11 Oktober om 9vm plaas.

Die kerkgebou wat as ‘n Mesiaanse Bediening gebruik was, is weer terug in die hande van die Horison Pinkster Protestante gemeente.

Hoewel die gemeente weer onder die naam van PPK kan terugkeer, gaan dit voortaans bekend staan as die Huis van Restourasie.

Pastoor Anton van den Berg nooi almal uit om weer deel te word van die gemeente waar fisiese sowel as geestelike restourasie kan plaasvind.

Die kerk is in 28 Moutonstraat, Horison geleë en dienstye begin Sondae on 9vm en 6nm.’n Woordskool en biduur vind op Dinsdae om 7nm plaas terwyl Vrouebiduur op Woensdae om 10vm plaasvind.

Jeugaande word op Donderdae om 7nm gehou.

Vir meer inligitng kan Pastoor van den Berg op 083-653-0790 geskakel word.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button