Hories word erken op hoë vlakke

Verskeie leerlinge in distriks- en provinsiale spanne opgeneem.

Jong sportsterre word by Laerskool Horison die geleentheid gebied om te ontwikkel, het die skool weereens bewys.

‘n Aantal leerlinge het onlangs erkenning ontvang vir hul sporttalent deur in distriks- en provinsiale spanne opgeneem te word, het skoolwoordvoerder Nelie Kok gesê.

Op landloopgebied het Kara Herbst vir haar ‘n plek losgehardloop in die D12 o/12 span. Op hulle beurt is Divann Senekal, Wian van Heerden en Tiaan Fourie gekies vir die Goue Leeus o/13 ‘Red Squad’ rugbyspan vir 2016.

“Rynard Mouton het ook ‘n uitsonderlike prestasie behaal deur opgeneem te word in die Goue Leeus o/13 7s rugbyspan.

“Dié span sal tydens die Oktober skoolvakansie deelneem aan die Nasionale 7s toernooi,” het Kok gesê.

“Laerskool Horison streef daarna om gebalanseerde kinders te lewer.

“Die skool is dankbaar en trots wanneer leerlinge se talent op hoër vlakke raakgesien en erken word.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version