NewsSchools

Geeneen so kunstig soos dié leerlinge nie

Kuns aan die orde van die dag by skool se kunsuitstalling.

Verfhale, akriliese medium, materiale en fyn sketse was aan die orde van die dag by Hoërskool Bastion se seniorfase kunsuitstalling Dinsdagmiddag 29 September.

Elke leerling, van Graad 10 tot Graad 12, wat uitgestal het se passie, sweet en bloed lê in hul werke, het een leerling die Record vertel.

Heinrich van der Schyff, ‘n matriekleerling met ‘n uitstekende talent vir fyn, realistiese en surrealistiese kuns het vertel dit is soms moeilik om die skool se twee kunsvakke, Visuele Kuns en Ontwerp, te balanseer met sy ander vakke.

“Mens moet by jou studies vir die eindeksamens uitkom, maar al wat jy kan en wil doen is skets en jouself uitleef op papier,” het hy gesê.

Nie dat hy noodwendig kla nie, hy sien dit as ‘n goeie stresverligter. Heinrich se werk troon vêr bo sy klasmaats s’n uit en sy visie en missie is duidelik in elke kunswerk. Vir hom was die groot uitdaging een projek wat baie op sy eie menswees gefokus het. Hy het ‘n reeks selfies geneem as ‘n basis en sy fisiese menswees in verskillende style uitgebeeld met potlode, kleurpotlode, akriliese medium en drie-dimensionele detail.

Baie leerlinge het hul passie vir diere na vore gebring deur een tema oor dieremishandeling, en ook nie net oor honde en katte nie maar oor uile en selfs rotte in laboratoriums.

Ander kunswerke wat uitgestal is het ontwerpkuns ingesluit in die fisiese sin van die woord; een van die projekte vanjaar was om die skoonmaakmiddel Sunlight te inkorporeer met ander huishoudelike items en selfs mode. Kledingstukke, ‘n kussing en selfs lampies is gemaak met die embleem op.

Die kunsuitstalling is Woensdag deur die Departement van Onderwys gemodereer.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button