NewsSchools

Dertien Kruiners reg vir Sentraal-Wes krieket

Krieket kook by Laerskool Helderkruin.

Onder die leerlinge van Laerskool Helderkruin is daar soveel talent en hul krieketspelers het dit weereens onlangs bewys.

Dertien seuns van verskillende ouderdomsgroepe is gekies om in verskeie Sentraal-Wes krieketspanne vanjaar te speel.

“Dit bewys net ons fondasie vir krieket is reg by Laerskool Helderkruin,” het skoolwoordvoerder Isobel Mitchley gesê.

“Die seuns oefen elke Woensdag en daar volg vier opwarmingswedstryde voor die toernooi tussen 2 en 5 Oktober,” het sy gesê.

Die spanne speel vier wedstryde in die toernooi en kompeteer teen ander streke soos Gauteng-Wes en Sedibeng.

“Twee maande later speel hulle weer opwarmingswedstryde en daarmee groet hulle die Sentraal-Wes toernooi.

“Baie geluk aan die Kruiner krieketspelers en sterkte met die wedstryde vorentoe,” het Mitchley gesê.

Die seuns is in die volgende spanne opgeneem:

• o/9: Werner Durrheim en Ethan Oberholtzer

• o/10: Ruan Nel, Morné Ehlers, Carl Whitehead, Juan Fourie, Heino van Rooyen en Divan Spies

• o/11: Joshua Dullisear

• o/12: Neil Barnard en Christiaan Bauer

• o/13: Ruben Eksteen en Tristan Vermeulen

 

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button