NewsSchools

OppiKruin so lekker soos altyd

Die fees was 'n reuse sukses en almal het groot pret gehad met 'n verskeidenheid van aktiwiteite.

Wie het groot nasionale feeste nodig as hulle lekker plaaslik by die OppiKruin fees kan kuier?

Laerskool Helderkruin se onlangse OppiKruin was ‘n reuse sukses. Selfs die weer het saamgespeel, het skoolwoordvoerder Isobel Mitchley gesê.

Stalletjies en gazebos is opgeslaan, hooibale is opmekaar gestapel hulle het selfs hul eie windpomp vir die dag gehad. ‘n Pretpark is saamgestel met ‘n reuse verskeidenheid klim-en-klouterrame, springkastele en borrel aktiwiteite. Selfs die kleuters het ‘n mini-pretpark gehad met ‘n sandput. Kosstalletjies was in oorvloed en ‘n potjiekoskompetisie is gehou.

“Uitstallers hulle produkte kom bemark, van die allerfynste juwele tot pragtige skilderye, handgemaakte klere en speelgoed was te sien,” het Mithcley gesê.

Op ‘n dansvloer het menigte hul talente ten toon gestel. Mense is vermaak deur kunstenaars en selfs volkspele.

“Voorwaar is die Kruiner-ouers, kinders en personeel ‘n span soos min.”

 

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button