Lifestyle Dancers skyn by SADF Kampioenskappe

"Dit was `n baie opwindende en georganiseerde kompetisie wat baie stresvol was, maar die goeie resultate het daarvoor opgemaak."

Die dansvloer by die South African Dance Foundation (SADF) kampioenskappe was aan die brand op Saterdag (5 September).

Agt van Lifestyle Dancing se dansers het aan die kamioenskappe deelgeneem.

Meeste van die dansers het, volgens eienaar Izak Smit, as sosiale dansers en egpare begin.

“Hulle het nou na die Pro-Am Competitive Dancing gevorder. Dis waar `n professioneel met `n amateur dans,” sê Izak.

Die studente het in hul verskillende kategorieë uitgeblink en sommige van hulle punte gekry het om in die Nasionale Kleure deel te neem.

Die studente kry punte nadat hulle dans en die punte is soos volg.:

25 punte vir eerste plek

20 punte vir tweede plek

15 punte vir derde plek

Aan die einde van die jaar word die kleure aan die student toegeken wat die meeste punte gedurende die jaar verower het.

“Dit was `n baie opwindende en georganiseerde kompetisie wat baie stresvol was, maar die goeie resultate het daarvoor opgemaak.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version