NewsSchools

Hories triomfeer in klaskamers, op sportveld

Drie Hories maak die skool trots beide op die sportveld en in die klaskamers.

Die Hories het beide in die klaskamers en op die sportveld lente op ‘n hoë noot ingelui.

Drie leerlinge van Laerskool Horison het besonderse prestasies gehaal toe hulle met hul talente op verskeie gebiede gewoeker het, het skoolwoordvoerder Esté Beekman gesê.

Graad 3-leerling Isabella Chaplin het vroeër in September by Arthur Matthews Primary School aan die Roodepoort distrikswye spelkompetisie oftewel ‘Spell-a-thon’ deelgeneem. Sy het in beide die eerste en die uitkloprondtes volpunte behaal in die vinnigste tyd, het Beekman gesê. Sy is na afloop vand die wedstryd as die Graad 3-distrikskampioen aangewys.

Ook Christiaan Botes het vroeë in September by Rosebank Primary School aan die Provinsiale Wiskunde Olimpiade deelgeneem en sesde plek verower.

“Dit is werklik ‘n merkwaardige prestasie om somme so spontaan te kan oplos,” het Esté gesê.

Op sportgebied het die Hories vir geeneen teruggestaan nie. Ryno Beekman as deel van die o.10-krieketspan het ‘n besondere prestasie gedurende ‘n wedstryd teen Laerskool Florida behaal. Bo en behalwe die 48 lopies wat hy geslaan het, het Ryno ook ses paaltjies vir sewe lopies geneem.

“Wat hierdie prestasie so besonders maak is dat hy die ses paaltjies in net sewe balle geneem het, wat ‘n vyfkuns insluit,” het Esté gesê.

Afrigter Johan Benade het vertel dat hy in sy 34 jaar as afrigter nog nooit so ‘n prestasie op ‘n krieketveld gesien het nie.

CAPTIONS:

1. Isabella Chaplin ken spelreëls soos die punte van haar vingers. Foto’s verskaf.

2. Ryno Beekman het sy afrigter verbaas met sy krieketspel.

3. Jy kan nie Christiaan Botha wen met wiskunde nie.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button