NewsSchools

Superfees sluit op ‘n hoë noot af met kroning

Meneer en Mejuffrou Bastion sommer deel van die feestelikhede oor die naweek.

Nie net het Hoërskool Bastion elke dag verlede week fees gehou nie, maar hulle het ook hul mooistes gekroon.

Gedurende die Bastion Superfees verlede naweek is Meneer en Mejuffrou Bastion en ander titelwenners ook gekies. Vanjaar het hulle dit effens anders aangepak en die balrokke en glansetes geruil vir ‘n lekker kuier op die rugbyveld. ‘n Gedeelte van die veld is in ‘n katplank verander waar seuns en meisies in ‘Grease’-geïnspireerde uitrustings geparadeer het. Gedurende die kompetisie is titelhouers en hul eerste en tweede prinse en prinsesse gekies maar daar is ook gekyk na debutante, fotogeniese leerlinge en diegene met die mooiste persoonlikheid.

Die hele week by die skool was een groot kuier; Maandag het leerlinge snaakse skoene en kouse by hul skoolklere aangetrek, Dinsdag het hul interessante hoede aangetrek en Woensdag soos bleeksiele. Donderdag het hul amptelik Lentedag gevier deur soos hippies aan te trek, en het selfs ‘n Meneer en Mejuffrou Flower Power aangewys.

Na afloop van die interhuis-atletiek Vrydag het hul Saterdag die fees afgesluit met kaskarwedrenne, ‘n vlooimark, karaoke, Meneer en Mejuffrou Fees vir kleuters en laerskole en ‘n optrede deur Touch of Class.

Die wenners is as volg aangekondig:

• Mejuffrou Bastion Senior 2015: Chantelle Myburgh

• Eerste prinses: Chantelle Gouws

• Tweede prinses: Lee-Ann Cahill

• Meneer Bastion Senior 2015: Hanno van der Walt

• Eerste prins: Juan Fourie

• Tweede prins: Cor-Louis van Biljon

• Mejuffrou Bastion Junior 2015: Kaylin Polley

• Eerste prinses: Anuschka Hamman

• Tweede prinses: Anchuné Nortjé

• Meneer Bastion Junior 2015: Luan van Zyl

• Eerste prins: Kyle Dercksen

• Tweede prins: Jaco Booyens

• Mejuffrou Fotogenies: Jessica Venter

• Meneer Fotogenies: Juan Fourie

• Mejuffrou Persoonlikheid: Chetané Pieterse

• Meneer Persoonlikheid: Juan Fourie

• Debutante: Franzelle Mertz en Raquele Pretorius

CAPTIONS:

0337: Graad 11-leerling Chantelle Myburgh is as Mejuffrou Bastion Senior gekroon. Foto’s: Mathilde Myburgh.

0347: Mejuffrou en Meneer Bastion Senior 2015 is Graad 11-leerlinge Chantelle Myburgh en Hanno van der Walt.

0099:

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button