Kruiners reg vir Sentraal-Wes aandreeks

Vier poele laerskole gaan teen mekaar meeding in die Sentraal-Wes krieket aandreeks.

Soos die geval elke jaar het die Sentraal-Wes krieket aandreeks reeds groot opgewondenheid onder Kruiners gewek.

Na afloop van die loting op 26 Augustus is deelnemende skole se spanne in vier poele ingedeel. Die reeks neem in aanvang op Maandag 14 September en al die wedstryde sal by Laerskool Helderkruin plaasvind, het skoolwoordvoerder Isobel Mitchley gesê.

Die finale vind Woensdag 30 September plaas.

Mitchley het al die skole sterkte toegewens.

Die poele werk as volg:

• Poel A: Laerskool Randfontein, Laerskool Dr Havinga en Panorama Primary School

• Poel B: Laerskool Helderkruin, Laerskool Roodekrans en Laerskool Horison

• Poel C: Weltevreden Park Primary School, Laerskool Kenmare, Trinity House en Discovery Primary

• Poel D: Maragon, Laerskool Florida en Constantia Kloof Primary

CAPTION:

Dihan Bekker, agter, en Ruben Eksteen, Erik Beukman en Franco Bekker gaan saam in Poel B teen ander skole meeding. Foto verskaf.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version