Dol verlief vir meer as 60 jaar

Die paartjie vier hul 60ste huweliksherdenking vandag.

“`n Man moet altyd die laaste woord in `n verhouding het en dit moet ‘ja skat’ wees,” skets Billy da Silva.

Hy en sy vrou Mara vier vandag (3 September) hul 60ste huweliksherdenking en dis duidelik dat liefde nog in die lug is vir die twee 79-jariges.

Vir Billy en Mara was dit liefde met die eerste oogopslag tydens hul eerste ontmoeting in Braamfontein toe hulle albei by die Poskantoor gewerk het.

Ses kinders, 15 kleinkinders en een agterkleinkind later, is die paartjie gelukkiger as ooit.

Die paartjie wou nie met die Record praat nie omdat hulle baie privaat is, maar hul dogter, Janet Allers het die Record genader met die inligting.

“My ouers se eerste afspraak was by `n bioskoop en my pa onthou hoe senuweeagtig hy was toe hy vir die eerste keer by my ma gaan kuier het,” sê Janet laggend.

Janet sê daar is drie dinge wat Billy van Mara bewonder en dit is haar toewyding vir haar gesin, sy het nie `n lui haar op haar kop nie en sy was altyd daar vir haar kinders.

Alhoewel hulle bitterjonk getrou het, is hulle nog steeds verlief en doen alles saam.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version