Community galleriesGalleriesLocal newsNews

DJ Ossewa sorg vir opwinding by Hoërskool Florida

Dit was 'n behoorlike opskop toe DJ Ossewa en ander kunstenaars op die sportsgronde optree.

DJ ossewa en van die skool se eie sterre het van Saterdagaand 29 Augustus ‘n reuse sukses gemaak.

Omtrent 500 kaartjies is verkoop en skare het vergader by die skool vir lekker musiek en gesintyd. Skoolwoordvoerder Morné Hanekom het gesê die skool is beïndruk met die uitkoms en het lekker saam met die gemeenskap gekuier.

Die nuutverkose leerlingraand (VLR-groep) het leerlinge gelei in die kunstenaars ondersteun en saamdans. Aan die linkerkant van die verhoog het hulle kunstenaars toegejuig en lekker losgedans en gesokkie.

Agter teen een van die klaskamers het die skool verskeie versnapperinge en warm drinkgoed verkoop, maar ouers was ook welkom om die biertuin te geniet.

Die lede van DJ Ossewa het gedurende hul optrede grappies vertel en die skare gekry om saam te klap, saam te dans en saam te sing.

“Met sulke uitkoms en samesyn sal ons beslis weer so ‘n geleentheid beplan,” het Hanekom gesê.

 

 

 

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button