Sokkie-sokkie in neonkleure volgende week

Skryf dit op jou palm en moenie vergeet om Hoërskool Bastion se sokkie by te woon nie.

Dra jou helderste drag en maak gereed vir ‘n lekker opskop by Hoërskool Bastion volgende week.

Leerlinge van alle hoërskole in die omgewing word hartlik genooi om saam met die Bastionners Vrydagaand 11 September te kom dans. Die Neon Glow sokkie begin om 6nm.

Meer oor Hoërskool Bastion: Bastion verwelkom ‘n nuwe hoof

Die dans vorm deel van die skool se nuwe Superfees wat die hele week plaasvind. Op Saterdag 12 September kan inwoners ook aktiwiteite by die skool kom geniet, onder andere ‘n vlooimark, kaskarwedrenne, Meneer en Mejuffrou Lentefees en Meneer en Mejuffrou Bastion, ‘n talentkompetisie, heerlike eetgoed en musiekoptredes. Touch of Class gaan ook optree.

Die dans word gedeeltelik deur die personeel en gedeeltelik deur die nuutverkose verteenwoordigende leerlingraad (VLR) van Graad 12 gereël.

Vir meer inligting of om ‘n stalletjie by die vlooimark te bespreek, skakel Doreen by 083 234 9213 of Petru by 083 789 5398.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Exit mobile version