Kruinertjies vaar puik in kunswedstryd

Die jongste Kruiners, Graad R'e, het vanjaar uitstekend presteer in die kunswedstryd.

Selfs die kleinste Kruinertjies het vanjaar goed presteer in die kunswedstryd.

Graad R-leerlinge by Laerskool Helderkruin het aan die collage-, skilder- en modelleerkategoriëe deelgeneem. Hulle het hul goed van hul taak gekwyt, het skoolwoordvoerder Isobel Mitchley in ‘n skrywe gesê.

“Hulle was elke keer betyds by die geleentheid en was goed gedissiplineerd.

“Ons is baie trots op al die leerlinge wat deelgeneem het; Danielle Richmond veral met haar A++ vir collage.”

Danielle se collage het die mooiste voëltjie uitgebeeld. Beoordelaars het gevoel dis ‘n goeie voorstelling van die tema.

“Sy het mooi onderskeid getref tussen die lyf en vlerke van die voë.

“Vir so ‘n jong kind, het sy besondere goeie vorm en kleur gebruik in haar kunswerk.”

Ander leerlinge wat gekies is om deel te neem:

• Dianca Rutherford

• Madison Hurter

• Inge van Zyl Smit

• Keana Annandale

• Amoné Jonas

• Kaylie de Beer

• Leané Nortje

• Kiara du Toit

• Mieke Kok

• Christo de Lange

• Christiaan Schutte

• Joshua Lubbe

• Josh Carlin

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version