Bastion verwelkom ‘n nuwe hoof

Van laerskool na hoërskool maak Gert Koekemoer 'n aanpassing as Hoërskool Bastion se nuwe hoof.

Hy gaan terug hoërskool toe – om te lei.

Na dr Anton Prinsloo vir 17 jaar die skoolhoof van Hoërskool Bastion was, het die skool nodig gehad om hierdie vakante posisie noukeuring te vul.

Gert Koekemer, eers Laerskool Horison se skoolhoof, gaan die rol met Christelike beginsels en ‘n vars nuwe visie betree om van Bastion ‘n top skool aan die Wes-Rand te maak.

Op 20 Augustus, na Gert al van die begin van die maand af die hoof is, was daar ‘n amptelike verwelkomingsete by Mount Usambara gehou.

Met die teenwoordigheid van die personeel, beheerliggaam en sy vrou, Lynette Koekemoer, vertel Gert hoe stresvol die onderhoude was.

“Die voorsitter van die beheerliggaam, Tinus Naudé, het al die kandidate gevra hoe ons die skool sal verbeter,” het Gert vertel.

Gert, Lynette en die uitvoerende hoof Lynette Jonker.

Hoërskool Bastion het fokuspunte waarop hulle wil konsentreer. Om die invloei van fondse te verhoog deur fondsinsamelingsgeleenthede te hou en om die skoolbanke vol te hou, is twee van hierdie punte.

“Met God se leiding en goeie samewerking glo ek ons sal dit goed regkry,” het die nuwe hoof, vol vertroue, gesê.

Tinus het aan die gehoor gesê dat die beheerliggaam oortuig is daarvan dat hulle die regte man gekies het om die skool voorentoe te vat.

Soos wat die hoofgereg bedien is, vertel Gert hoe hy dieselfde dag nog in sy kantoor toegesluit is en amper laat was vir sy eie verwelkomingsete.

En toe, met ‘n gelag en gesels, is die nuwe hoof van Hoërskool Bastion amptelike ingehuldig by ‘n skool wat beoog om nóg meer te bou.

Verwante artikels:

• Bastion-atleet se weghol-sukses

• Bastion teacher in Trezona accident

• Bastion bou gees met straatkilometer

Exit mobile version