Hoërskool Roodepoort verwelkom nuwe hoof

Ek sal graag wil voortbou op die suksesse van my voorgangers, sodat elke leerling, die spil waarom alles draai, met 'n vonkel in die oë kan stap," het hy opgesom.

Horison — Hoërskool Roodepoort is in hulle noppies om hulle nuwe hoof, Johan van Jaarsveldt bekend te stel.

Volgens Advokaat Pieter du Plessis, voorsitter van die beheerligaam, “het die departement die aanbeveling van die skool se beheerligaam eerbiedig na deeglike besinning en volgens al die regte prosedure wat gevolg is,” het Du Plessis gesê.

“Ons wil graag vir Mnr Van Jaarsveldt baie geluk sê met sy aanstelling, veral omdat ek glo dat Roodies nou op die regte pad is soos God dit vir ons bestem het met die regte leier aan die spits,” het hy gesê.

Van Jaarsveldt op sy beurt het die volgende gesê. “Dit is ‘n besondere voorreg om as die negende hoof van Hoërskool Roodepoort aangestel te word. ‘n Skool met ryk tradisies, waar leerlinge met ‘n goeie opvoeding instaat gestel word om hulle potensiaal in ‘n snel veranderde omgewing te verwesenlik om n suksesvolle loopbaan te kan lei,” het van Jaarsveldt gesê.

“Wat my besonders trots maak van Hoërskool Roodepoort is die ongelooflike dinamika wat hier heers. Die rede daarvoor is onder andere dat die personeel, leerlinge en ouers binne twee jaar so gou aangepas het van enkel-medium na ‘n parallel-medium skool. My taak word maklik gemaak deur die voortgesette toewyding van die bestuurspan en die onderwysers. Die passie waarmee hulle hul take vervul is duidelik sigbaar op alle vlakke in die klas maar ook buite die klaskamer.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version