Editor's choiceLocal newsNews

7de Laan akteur bring ernstige boodskap vir manne

Dit is 'n roeping, sê Zane Meas.

Die afgelope Vrydagaand het Zane Meas, oftewel die nimlike Neville Meintjies van 7de Laan, op humoristiese manier ‘n ernstige boodskap aan die manne en hul seuns van AGS Wilropark gebring.

Die tema van sy boodskap was geestelike vaderskap wat hy baseer op die heel laaste vers van die Ou Testament, naamlik Maleagi 4:6 wat lui, “En Hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie.” Zane het lekker gespot met mans en sy eie manewales as ‘n man, maar telkens teruggekeer na sy ernstige boodskap.

“As families gesond is, dan gaan ons land gesond wees. Dit begin by die vaders,” het Zane vir die gehoor gesê wat deurentyd aan sy lippe gehang het.

Voor die verrigtinge afgeskop het, is ‘n heerlike biltongpotjie en varsgebakte brood bedien. Pastoor Susan Malan het die aand gereël.

Luister na wat hy gesê het:

https://www.youtube.com/watch?v=YCF0oSQSOF0&feature=youtu.be

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button