Hunter word nie sommer gewen nie

"Die toekoms lê blink voor hierdie talentvolle dog beskeie seun."

Graad 7-leerling Hunter Erasmus is beslis nie iemand met wie mens sommer ‘n geveg moet aanknoop nie.

Dié 13-jarige leerling van Laerskool Horison het ‘n passie vir Judo en ryg medaljes in sover as hy gaan, volgens skoolwoordvoerder Esté Beekman.

Hy het in 2009 met Judo opleiding begin by Sensei Danie Bruwer van die KJK Judoklub in Roodekrans en sy talent het reeds vroeg geblyk. In 2013 het hy met Senior Elite Judo klasse begin en het tot dusvêr sy Groen gordel verdien.

Volgens sy ma Liesl het hy in 2014 aan groter Judo kompetisies begin deelneem. Gedurende dié jaar het hy aan 14 verskillende kompetisies deelgeneem en nie minder nie as 12 van die medaljes verower het.

Tussen Mei verlede jaar en Julie vanjaar het hy by vier verskeie Champion of Champions Judo kompetisies goue medaljes verower. In September het hy by die SA Ope Kurash Toernooi ‘n goue medalje verower en is as die kampioen van 2014 verkies. In Oktober het hy weer sy staal gewys en ‘n silwer medalje tydens die Gauteng Judo Ope verower. Hy het die prestasie herhaal in Februarie vanjaar.

Ter erkenning van sy prestasies is Provinsiale Kleure vir Judo aan hom toegeken gedurende November.

In Julie verlede jaar het hy ook ‘n brons medalje by die SA Judo Ope in Port Elizabeth vir individuele gevegte verower, en ‘n silwer medalje vir groepsgevegte.

Hunter beplan om in Augustus aan proewe deel te neem ten einde gekeur te word vir deelname aan die SA Skole Judo Toernooi in Oktober. Hy beoog ook om hierdie maand aan die Nasionale Judo Keuringstoernooi deel te neem en sal na verwagting teen die einde van die jaar gradueer na Blou-gordel.

“Bo-en-behalwe sy puik prestasies in Judo het hy vanjaar vir die skool se eerste rugbyspan uitgedraf en was hy een van die voorste drie-drukkers,” het Beekman gesê.

“Ook daarvoor het hy onlangs erkenning ontvang deur ingesluit te word in die Sentraal-Wes o/13-span.

“Die toekoms lê blink voor hierdie talentvolle dog beskeie seun.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version