Local newsNews

Vrouedag by Senior Park gevier

Wyk 71 raad kuier heerlik saam met pensioentrekkers by Witpoortjie Senior Park.

Vrouedag wat amptelik Sondag 9 Augustus landswyd gevier is, is Maandagmiddag 10 Augustus by Witpoortjie Senior Park gevier.

Pensioentrekkers het heerlik saam met die lede van die DA Wyk 71-raad en verteenwoordigers van die vroue netwerk, insluitend raadslid Suzanne Clarke, gekuier. Inwoners is met koek, toebroodjies en vleisrolletjies bederf. Die manne is nie uitgesluit nie en het lekker saam gesels en eet. Elkeen het ook ‘n lekkergoedpakkie gekry. ‘n Jeugspan het mense by elke pragtige versierde tafel bedien.

“Ons beoog om hierdie ‘n jaarlikse kuier te maak, as julle ons hier wil hê,” het visie-voorsitter René Benjamin aan die inwoners gesê.

Terwyl hulle daar was het die raad belowe om te verseker elke inwoner reg geregistreer is vir die komende plaaslike verkiesings.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button