Local sportNewsSchool sportSchoolsSport

Derde plek vir Roodies droomspan

Hul absolute toewyding en deursettingsvermoë het bygedra tot hul sukses, en ons as skool is vreeslik trots op hulle.

Laerskool Roodepoort se o/13 ‘Dream Team’ netbalspan het die kersie op die koek gesit met hul derde plek in die SASN Skolekampioenskappe.

Dit na meeste van die netbalspelers ses jaar lank hul spel verfyn het en tesaam sewe maande se swoeg en sweet ingesit het, het skoolwoordvoerder Theolene Pienaar gesê.

“Daar is trane van teleurstelling en blydskap gedurende die kampioenskappe gestort,” het sy gesê.

“Die meisies was op ‘n onvergeetlike toer van George en het ‘n tawwe ligaseisoen beleef, tesame met die Gautengkampioenskappe.

Pienaar sê spesiaal aan die span se borge dankie vir hul betrokkenheid en die bydrae tot hul toerusting, sowel as afrigters Leanne Zackey, Dr Elsje Jordaan, Dorette Badenhorst en Elize Kotse vir hul kundigheid.

Laerskool Roodekrans se o/13 hokkiespan tesame met laerskole Constantia Park, Fairlands en Wierdapark val nou onder die Top 5 in hul kategorie in Suid-Afrika.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button