Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Meisie gee geskenke vir haar 21ste

Nydia Nel het `n groot hart wanneer dit kom by ander mense.

Vir Nydia Nel was glans, swier en elegansie vir haar 21ste verjaarsdag nie `n opsie nie.

Sy wou die spesiale dag met spesiale mense deel en het besluit om eerder geskenke te gee as om te ontvang.

Nydia het die inwoners van Tornado Park Ouetehuis en ongeveer 75 kinders van Villa Gloria Informele Nedersetting in Krugersdorp eerder bederf.

Hierdie jong meisie het duidelik`n hart van goud wanneer sy van mense praat.

Sy sê sy het altyd geweet sy wou haar 21ste verjaarsdag met die gemeenskap te vier, maar sy het net nie geweet waar om te begin nie.

Nydia het omtrent `n maand voor haar verjaarsdag haar familielede vir donasies vir dié spesiale dag gevra en volgens haar was daar oorgenoeg geskenke vir almal.

“In plaas van partytjies hou en klubs toe te gaan maak dit my bly as ek `n glimlag op iemand se gesig sien,” het Nydia gesê.

“Ek het die Tornado Park Ouetehuis gekies omdat hulle nie soveel kontak met jong mense het nie en hulle kinders bly soms baie ver,” het sy bygevoeg.

Hier sing een van die inwoners, Annetjie van Wyk `n lied vir Nydia wat sy self geskryf het.

https://www.youtube.com/watch?v=fKFULp_oO04&feature=youtu.be

Rosemarie Powell, (79) kon nie uitgepraat raak oor hoe gelukkig sy was toe sy `n geskenk kry nie.

“Ek is seker ek praat namens almal wanneer ek sê ons is vreeslik dankbaar dat daar mense is wat nog aan ons dink. Ons waardeer dit baie,” het Rosemarie gesê.

Nydia sê die dag was `n groot sukses en dit het haar gemotiveer om nog vir mense te gee.

Sy het bygevoeg dat dit maak nie saak hoe oud of jonk jy is om mense te help nie.

“Dit was beslis die moeite werd en ek wil hê hulle moet weet dat ek altyd hier vir hulle sal wees,” het sy gesê.

Haar ma, Joanna Nel het gesê dat sy `n trotse ma is omdat sy so `n goeie dogter het.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button